Akademie & Aktiwiteite

Die Wonderwêreld van Leer — holistiese ontwikkeling vir elke kind

Lig wat lei, groei wat bly

Educating Young Minds

Ons Benadering

Die Wonderwêreld
van Leer

Om te leer is soos om op 'n ontdekkingsreis te gaan. Om elke hoek en draai wag daar 'n nuwe avontuur en uitdaging wat bemeester moet word. 'n Nuwe wêreld word oopgesluit en so gaan elke leerder saam met ons op sy eie ontdekkingsreis.

Tutors@Zwartkop maak die ontdekkingsreis saam met u kind mee. Ons gee nie net intellektuele bystand nie, maar poog ook om kinders se emosionele intelligensie te ontwikkel.

Die leerproses vereis van kinders om groot motoriese-, fynmotoriese-vaardighede, balans, ruimtelike oriëntasie en prosseseringsvaardighede te gebruik. Ons glo dat kinders hierdie vaardighede moet ontwikkel — daarom is buitemuurse aktiwiteite deel van ons kernprogram.

Leerders in die klaskamers
Klaskamers
Klaskamers
Kurrikulum

Ons Akademiese Program

Ons volg die erkende IMPAQ-kurrikulum vir Graad RR–12 wat 'n stewige fondament en nasionaal erkende sertifisering bied.

Graad RR – Graad 12
IMPAQ

Ons volg die IMPAQ-kurrikulum

Tutors@Zwartkop volg die erkende IMPAQ-kurrikulum vir Graad RR tot Graad 12. IMPAQ is landwyd bekend vir uitmuntende kurrikulum, assessering en ondersteuning.

Vir meer inligting besoek gerus impaq.co.za

Afrikaans Engels Wiskunde Natuur Wetenskap Sosiale Wetenskappe Lewensoriëntering
Buitemuurse Aktiwiteite

Meer as Net Akademie

Holistiese ontwikkeling — liggaam, gees en siel.

Swembad
Swembad
Swembad
Swembad
🏊

Warm Water Swembad

Ons perseel het 'n pragtige warm water swembad waar toegangsbeheer streng toegepas word. Daar is ten alle swem-tye voldoende toesig.

Swem bevoordeel kinders met lae spiertonus wat sukkel met balans, omdat swem kernsterkte bou, spiere ontwikkel en koördinasie oefen. Dit verskaf geleentheid aan kinders wat sukkel om te beweeg, want daar is geen gravitasiekragte wat beweging verhinder nie.

Die kinetiese sensasie van water is goed vir neurologiese ontwikkeling. Swem bevorder ook ruimtelike oriëntasie en sosiale interaksie.

Kernsterkte Koördinasie Neurologiese Ontwikkeling Sosiale Interaksie
🏉

RSD Rugby

RSD Rugby bied oefen sessies by die leersentrum aan. RSD Rugby onderrig leerders om die vaardighede om rugby te speel aan te leer.

Leerders ontvang ook oefening en stimulasie van:

Groot Motoriese Spiere Hand-oog Koördinasie Balans Ruimtelike Oriëntasie Laterale Bewegings
Besoek RSD Rugby Webtuiste →
RSD Rugby
RSD Rugby
RSD Rugby
RSD Rugby
Die Witjassies
Die Witjassies
Die Witjassies
Die Witjassies
🔬

Die Witjassies

Die Witjassies bied 'n interaktiewe wetenskapprogram aan waar kinders op 'n speelse, praktiese wyse meer van wetenskap leer.

Hierdie program spark nuuskierigheid en 'n liefde vir ontdekking — terwyl dit kritieke denkvaardighede en probleemoplossing aanmoedig.

Besoek Die Witjassies Webtuiste →
Entrepreneurskap

Ons Jong Entrepreneurs

Ons leerders kry die kans om entrepreneurskap en besigheidsvaardighede prakties te beleef.

Entrepreneurs
Entrepreneurs
Entrepreneurs
Entrepreneurs
Entrepreneurs
Entrepreneurs
Entrepreneurs
Entrepreneurs
Sien Meer Fotos
Ons Vennote

Affiliasies & Donateurs

Ons is dankbaar vir die ondersteuning en vennootskappe wat ons gemeenskap opbou.

📸

Marie Nel Photography

Marie Nel is 'n huwelik- en leefstyl-fotograaf gebaseer in Centurion, Gauteng.

marienel.co.za →

🏉

RSD Rugby

Professionele rugbyafrigting vir jong spelers by ons sentrum.

rsdrugby.co.za →

🔬

Die Witjassies

Interaktiewe wetenskapprogram vir leerders.

witjassies.co.za →

🦋

Firefly Lighthouse

Berading Praktyk

Gespesialiseerde berading vir kinders, tieners en ouers — insluitend ASD-berading, spelterapie en traumaverwerking. Lorraine Havemann (SAAC 0268-11/2025).

🏺

Potterycrafters · Pottbakkery Klasse

Klei. Kreatiwiteit. Kalmte.

R150 per persoon per klas · R550 per persoon vir 4 klasse per maand · 1 klas duur 1 uur. Klei en gereedskap word voorsien.

Pretoria · Geskik vir volwassenes, skole, naskoolse programme en leersentrums.

Bespreek asseblief minstens 1 week vooruit om teleurstelling te voorkom.

📱 Kontak Jackie: WhatsApp 074 811 9180

🌐 potterycrafters.com →

Wil u betrokke raak of doneer? Kontak ons gerus.

Wil u meer weet oor ons programme?

Laai die 2026 registrasievorm af of kontak ons gerus met enige vrae.