Toelating & Nasorg

TUTORS@ZWARTKOP heet U hartlik welkom!

Lig wat lei, groei wat bly

Educating Young Minds

Welkom

U Kind se Nuwe Tuiste

Geagte ouer, aspirant ouer — ons is verheug dat u ons as keuse vir u kind se skolastiese opvoeding oorweeg.

By Tutors@Zwartkop glo ons in die moontlikheid van elke kind. Ons klein klasse verseker individuele aandag, terwyl ons Christelike beginsels 'n veilige en liefdevolle omgewing skep.

Ons nooi u uit om ons te kontak vir meer inligting, ons perseel te besoek, en die aansoekproses te begin.

Tutors@Zwartkop fasiliteit
Aansoekproses

Hoe Om Aansoek Te Doen

Ons maak die aansoekproses so eenvoudig as moontlik.

1

Kontak Ons

Skakel Marina om u vrae te bespreek en 'n afspraak te maak vir 'n perseel-besoek.

2

Besoek die Sentrum

Kom sien ons pragtige omgewing, ontmoet die tutors, en kry 'n gevoel vir ons gemeenskap.

3

Aansoek & Dokumentasie

Vul die aansoeksvorm in en verskaf die nodige dokumentasie. Ons sal u deur elke stap begelei.

Kontak ons gerus vir enige vrae. Vir die registrasievorm en beleidsdokument, sien Beleid en Registrasie hieronder.

Kontak Ons Nou

Beleid en Registrasie

Laai die nodige dokumente hier af:

Belangrike inligting oor ons leeromgewing

  • Selfoon vry
  • AI vry
  • Vaste klas rooster wat alle vakke akkommodeer
  • Kinders volg 'n vaste roetine
  • Kwartale in lyn met hoofstroom skole
  • Ekstra klasse beskikbaar
  • CAT + IT beskikbaar
Sentrum Tye

Wanneer Is Ons Oop?

Maandag – Vrydag

07:30 – 13:00

Naskool

13:00 – 17:30

Nasorg Sentrum

Nasorg Dienste

TUTORS@ZWARTKOP bied ook nasorg dienste aan. Naskool is vanaf 13:00 tot 17:30.

Nasorg is oop gedurende skoolvakansies, behalwe die Desember vakansie. Ons nasorg sentrum word behartig deur Jackie de Bruyn.

Kontak vir Nasorg-inligting:

Nasorg sentrum
Fasiliteit
Vereistes

Wat U Moet Weet

Ons is 'n Afrikaanse leersentrum wat leerders van Graad RR tot Graad 12 akkommodeer. Ons volg die IMPAQ RR–12 kurrikulum en ons sentrum is gebaseer op:

  • Christelike beginsels, normes en waardes
  • Holistiese onderrigbenadering
  • Individuele aandag in klein klasse
  • Selfstandige leer aangemoedig
  • Emosionele welstand as prioriteit

Ons gebruik die gevestigde IMPAQ-kurrikulum (Graad RR–12) om kwaliteit onderwys te verseker.

IMPAQ Kurrikulum vir Graad RR–12

📋 Dokumentasie Benodig

  • Voltooide aansoeksvorm
  • Geboortesertifikaat van die leerder
  • Vorige skoolrapporte (indien van toepassing)
  • Ouers/Voogde se ID dokumente
  • Bewys van adres

* Kontak ons vir die volledige lys van vereiste dokumentasie.

Gereed om deel te word van ons familie?

Kontak ons vandag — ons is hier om u deur elke stap te begelei.